Ons o.15- en o.18-Fast 5-netbalspanne het die afgelope naweek hulle staal gewys tydens die Middies Fast 5-toernooi wat by Hoërskool Middelburg aangebied is.
Dit was ’n naweek vol vinnige netbal, intense wedstryde en waardevolle ervaring vir ons spelers. Ons spanne het met baie energie, deursettingsvermoë en Dallerhart op die baan meegeding en elke wedstryd as ’n geleentheid aangegryp om te groei en te verbeter.
Dallers Fast Flamingoes – o.15
Die Fast Flamingoes het ’n sterk vertoning gelewer en derde in hulle poel geëindig. Hulle het 3 uit hul 5 wedstryde gewen – ’n besonderse prestasie wat hulle vasberadenheid en spanwerk beklemtoon.
Dallers Net Ninjas – o.15
Die Net Ninjas het hard geveg en vierde in hulle poel geëindig. Die span het 2 van hul 6 wedstryde gewen en waardevolle ervaring opgedoen in die vinnige Fast 5-formaat.
Dallers Venom & Vipers – o.18
Ons o.18-span het met vasberadenheid meegeding en vierde in hul poel geëindig. Hulle het 2 uit 6 wedstryde gewen en deurgaans met goeie gees en toewyding gespeel.
Dallers Fire & Ice – o.18
Fire & Ice het ’n uitstekende toernooi beleef en derde in hul poel geëindig nadat hulle 3 uit hul 5 wedstryde gewen het. Hulle het deurgaans gewys waartoe hulle in staat is en met groot selfvertroue meegeding.
Ons is ongelooflik trots op elke speler wat ons met trots verteenwoordig het. Julle harde werk, spanwerk en positiewe ingesteldheid maak ons trots!
.png)