Ons o.15- en o.18-Fast 5-netbalspanne het die afgelope naweek hulle staal gewys tydens die Middies Fast 5-toernooi wat by Hoërskool Middelburg aangebied is. Die afgelope naweek het ons o.15- en o.17-sewesrugbyspanne hulle staal gewys tydens die Forge 7’s Toernooi wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. Die o.15-afdeling het op Vrydag, 28 Augustus, plaasgevind, terwyl die o.17-spanne op Saterdag, 29 Augustus, in aksie was. Ons tennisspanne het gister, 27 Augustus 2026, op ons tuisbaan teen Hoërskool Ellisras kragte gemeet. Dit was ’n dag vol goeie tennis met ons spelers wat deurentyd Hoërskool Ben Viljoen se naam hooggehou het! Ons is ongelooflik trots op Onike Janse van Vuuren, wat deel was van die klas van 2015, wat vanoggend op Jacaranda FM se Friday Live saam met Martin Bester te hoor is! Ons dogterskrieketspan het op Woensdag, 26 Augustus 2026, op eie bodem teen Hoërskool Frikkie Meyer kragte gemeet in ’n spannende T20-krieketwedstryd.
.png)