•   013 262-2061/2
  •   admin@benviljoen.co.za
English
  • Menu
  • 1.png
  • 2.png
  • 3.png
  • 4.png
  • 5.png
  • 6.png
  • 7.png
  • 8.png
  • 9.png
  • 10.png

Welkom by Hoërskool Ben Viljoen

Nuus

  • Middies Fast 5-toernooi | 2026

    Ons o.15- en o.18-Fast 5-netbalspanne het die afgelope naweek hulle staal gewys tydens die Middies Fast 5-toernooi wat by Hoërskool Middelburg aangebied is.

  • Forge 7's Toernooi | 2026

    Die afgelope naweek het ons o.15- en o.17-sewesrugbyspanne hulle staal gewys tydens die Forge 7’s Toernooi wat by Hoërskool Ben Vorster aangebied is. Die o.15-afdeling het op Vrydag, 28 Augustus, plaasgevind, terwyl die o.17-spanne op Saterdag, 29 Augustus, in aksie was.

  • Tennis Liga 4 | 2026

    Ons tennisspanne het gister, 27 Augustus 2026, op ons tuisbaan teen Hoërskool Ellisras kragte gemeet. Dit was ’n dag vol goeie tennis met ons spelers wat deurentyd Hoërskool Ben Viljoen se naam hooggehou het!

  • Onike op Jacaranda FM se Friday Live...

    Ons is ongelooflik trots op Onike Janse van Vuuren, wat deel was van die klas van 2015, wat vanoggend op Jacaranda FM se Friday Live saam met Martin Bester te hoor is!

  • Dogterskrieket teen Hoërskool Frikkie...

    Ons dogterskrieketspan het op Woensdag, 26 Augustus 2026, op eie bodem teen Hoërskool Frikkie Meyer kragte gemeet in ’n spannende T20-krieketwedstryd.

Ander Nuus

Die res van ons nuus word op Facebook geplaas.

Klik hier om dit te lees!

Word ook deel van ons Youtube kanaal.

Ons dogterskrieketspan het op Woensdag, 26 Augustus 2026, op eie bodem teen Hoërskool Frikkie Meyer kragte gemeet in ’n spannende T20-krieketwedstryd.


Ons het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Ons boulers het vroeg druk toegepas en Frikkie Meyer tot 73/4 in hulle 20 beurte beperk. Izelke Oosthuizen het met die bal uitgeblink en ’n uitstekende 3 paaltjies vir slegs 5 lopies in haar vier beurte geneem, terwyl Danielle Wessels ook ’n paaltjie ingepalm het.


Met die kolf het Izelke Oosthuizen met 19 lopies die hoogste telling vir ons aangeteken. Ten spyte van ’n vasberade poging van ons dogters, het ons dogtersspan uiteindelik 72/9 in hulle 20 beurte aangeteken – net een lopie kort van Frikkie Meyer se telling.


Die wedstryd het uiteindelik aan Hoërskool Frikkie Meyer behoort, wat met ’n enkele lopie geseëvier het. Die uitslag weerspieël hoe ongelooflik naby die wedstryd was, met albei spanne wat tot die heel laaste bal geveg het.


Ons is trots op elkeen van ons dogters wat hulself uitstekend van hulle taak gekwyt het en tot die einde aangehou veg het. Een lopie het die verskil gemaak, maar die vasberadenheid, spanwerk en veggees wat op die veld gewys is, is iets waarop ons as Dallers met trots kan voortbou.

Ben Viljoen

English

Blaaie

  • Tuis
  • Oor Ons
  • Admin
  • Akademie
  • Koshuise
  • Kultuur
  • Sport
  • Fasiliteite
  • Kontak

Kontak Ons

  Hoërskool Ben Viljoen

  Voortrekker Straat, Groblersdal, 0470

  013 262-2061/2

  admin@benviljoen.co.za

© Ben Viljoen 2004-2026 All rights reserved. Designed by DANNEL WEB DESIGN
  • Tuis
  • Oor Ons
    • Menu
    • Geskiedenis
    • Hoof
    • Visie & Missie
    • Skoollied
    • Noemenswaardige Alumni
    • Skoolkoerant
    • Beheerliggaam
    • Uitvoerende Raad
  • Admin
    • Menu
    • Prospektus
    • Finansies
    • Kalender
    • Nuus
    • Skooldrag
    • Voornemende Graad 8's
  • Akademie
    • Menu
    • Matriekuitslae
    • Vakkeuses
    • Prestasies
    • Roosters
  • Koshuise
    • Menu
    • Boomhuis Seunskoshuis
    • Huis Cherie Meisieskoshuis
  • Kultuur
    • Menu
    • ATKV Jeugtak
    • Ben se Pen
    • Drama & Visuele Kuns
    • Fotografie
    • Kultuurfees
    • Mnr en Mej Ben Viljoen
    • Redenaars
    • Skaak
    • Spelkompetisie/Spelling Bee
    • Tienertoneel
  • Sport
    • Menu
    • Wat bied ons aan?
    • Atletiek
    • Dogtershokkie
    • Dogterskrieket
    • Gholf
    • Landloop
    • Muurbal
    • Netbal
    • Prysskiet
    • Ruiterkuns
    • Rugby
    • Seunskrieket
    • Seunshokkie
    • Sewesrugby
    • Swem
    • Tennis
    • Varswateroewerhengel
  • Fasiliteite
    • Menu
    • Ben's Kafeteria
    • Busroetes
    • Gemeenskapsboerdery
    • Loskop Gimnasium
    • Sentrum vir Berading
  • Kontak