Ons tennisspanne het gister, 27 Augustus 2026, op ons tuisbaan teen Hoërskool Ellisras kragte gemeet. Dit was ’n dag vol goeie tennis met ons spelers wat deurentyd Hoërskool Ben Viljoen se naam hooggehou het!
Ons eerste span dogters het ’n besonderse vertoning gelewer en Hoërskool Ellisras met ’n indrukwekkende 40–3 geklop. Die eerste span seuns het ook hard geveg en spannende wedstryde gelewer. Hulle moes ongelukkig met 23–20 die knie buig, maar kan met trots terugkyk op wedstryde waarin hulle tot die einde toe alles gegee het.
Ons tweede span seuns het uitstekend gevaar en 25–18 geseëvier, terwyl die tweede span dogters ’n sterk 31–12 oorwinning beklink het.
Baie geluk aan al ons spelers met hierdie puik vertonings! Julle harde werk, sportmanskap en deursettingsvermoë maak ons trots
.png)