Ons is ongelooflik trots op Onike Janse van Vuuren, wat deel was van die klas van 2015, wat vanoggend op Jacaranda FM se Friday Live saam met Martin Bester te hoor is!
Onike se nuwe enkelsnit, ‘Sterker’, word vandag amptelik vrygestel en sal vir die eerste keer op radiostasies gespeel word – ’n ongelooflike mylpaal in haar musikale reis.
Vir Onike is ‘Sterker’ egter veel meer as net nog ’n nuwe liedjie. Hoewel sy nie self die lied geskryf het nie, het die woorde op ’n besonderse manier aanklank gevind by haar eie lewensverhaal – ’n verhaal van uitdagings, verlies, genesing en die ontdekking van die innerlike krag wat ’n mens soms eers ná moeilike tye besef jy besit.
Dit maak hierdie vrystelling soveel meer spesiaal. ‘Sterker’ vertel ’n verhaal waarmee baie mense hulself kan vereenselwig en is ’n herinnering dat daar selfs ná moeilike hoofstukke nuwe hoop en krag kan wees.
Luister vanoggend tussen 07:00 en 09:00 na Jacaranda FM se Friday Live om Onike se storie te hoor en haar nuwe enkelsnit, Sterker, te beleef.
.png)